Chefs-Kompetisie

Interne Sjefkompetisie:

“Op julle……. merke gereed…. KOOK!” Dis die Gasvryheidstudie departement se eie unieke interne sjefkompetisie!

Leerders wat Gasvryheidstudie as vak neem kan in groepe van twee aan die kompetisie deelneem. Hierdie geleenthede is so uniek, want elke graadgroep ontvang ʼn tema waarvolgens hulle ʼn spyskaart moet ontwerp, die geregte voorberei en tafeldek. Professionele sjefs tree as beoordelaars op en dit is altyd ʼn riem onder die hart om te hoor van watter hoogstaande gehalte die leerders se werk is.

Nasionale skole- sjefskompetisies:

Jaarliks is daar skole sjefskompetisies waaraan Hoërskool Zwartkop se Gasvryheidstudie leerders deelneem. Een van die kompetisies is die Prue Leith Pick ʼn Pay Sjefkompetisie. Hoërskool Zwartkop het vanaf die kompetisie se ontstaan nog elke jaar ‘n groep sjefs gehad wat uit honderde skole deurdring tot die finale “Cook-Off” .

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024