Zwarrie-Dogtershokkie

Hoëskool Zwartkop is trots op ‘n ryke kultuur van dogtershokkie wat al jare lank diep spore in die skool kom trap het.

Die Zwarrie-dogtershokkie A- en B-spanne neem jaarliks aan die NWU Prestige Reeks deel sowel as die Northerns Blues Hokkie-liga.  Die Zwarrie-hokkiedogters neem aan die Northerns A-liga vir Makro-skole deel.  Die C spanne neem ook deel aan die Northerns Blue Hokkie-liga en dan ook aan verskeie C span toernooie.

Die begin van die jaar se voorseisoen begin amptelik aan die einde van Januarie en die begin van Februarie.  Die voorseisoen se doel is om voor te brei vir die NWU Prestige Reeks wat vanaf Maart tot Mei plaasvind.  Die Stadsbeker-uitspele en die Noordvaal-toernooi vind in Julie en Augustus plaas vir die spanne wat na die uitspele vorder.  Daarna begin die voorseisoen weer in Augustus tot aan die einde van Oktober.  Die hokkiedogters word aangemoedig om regdeur die jaar te kondisioneer by die kondisioneringsentrum.

Hoërskool Zwartkop se hokkie spog met ‘n pragtige, splinternuwe, potblou astro met 2 mini-opwarmingsvelde en een van die top tegniese areas in die omgewing.

Die organiseerder, me. Elmien van den Berg, het reeds 24 jaar ervaring as ‘n passievolle afrigter en organiseerder.  Al die Zwarrie-afrigters beskik oor hul SAHA vlak 0, vlak 1 óf vlak 2 afrigtingskwalifikasies.

Die Zwarrie-hokkie is jaarliks gasheer vir reëlbesprekings wat deur SAHA aangebied word.  Vele Zwarrie-spelers is reeds gekwalifiseerde skeidsregters.  Zwarrie-hokkie bied elke jaar 5-aan-‘n-kant toernooie aan.  Die Zwarrie-hokkiedogters gaan jaarliks met toer, of woon klinieke en feeste by. 

Hokkie kan ook as verreikingsvak in graad 8 en 9 geneem word waar spelers kan kwalifiseer as skeidsregters en hul afrigtinskursus voltooi.

Nie net word ons spelers aan skoolhokkie blootgestel nie, maar kry hul ook die geleentheid om aan die Northerns proewe, klub-hokkie, binnemuurse hokkie, aksie-hokkie, THL (Tshwane Hockey League) en JHL (Joburg Hockey League) deel te neem.

Vir meer inligting oor dogtershokkie by Hoërskool Zwartkop, skakel of e-pos vir me. Elmien van den Berg (dogtershokkie organiseerder) by hokkie@zwarries.co.za of 012 654 8042 x 229

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024