Dramatise Kunste
TOELATINGSVEREISTES:
Geen spesifieke vereistes nie, maar klasgetalle bepaal dat elke leerder opdragte funksioneel kan uitvoer. Dit sal ’n sterk aanbeveling wees indien die leerder hierdie as ’n verrykingsvak in Gr. 8 en 9 geneem het. Streng keuring deur middel van oudisies vir gr. 8 en gr. 10-leerders vind plaas.
VAKINHOUD:
– Gr. 10 tot 12 volg die Departementele sillabus.
– Drama leerders neem jaarliks in groepe aan verskeie kunswedstryde deel.
– Leerders kry die geleentheid om aan aktiwiteite by die skool deel te neem wat optredes insluit.
– Praktiese eksamens word afgelê.
BEROEPSMOONTLIKHEDE:
Vermaakbedryf bv. televisiewerk, dramabedryf, filmbedryf, teater, onderwys en vele meer.