EKO-KLUB

Die Eko klub is ’n groep toegewyde leerlinge wat uitgaan om ’n verskil te maak in hul skool, in die lewens van ander en in hul gemeenskap. Die Eko-klub bestaan uit ongeveer 98 leerlinge en 4 onderwysers.

Hoogtepunte van 2023 sluit onder ander in:

  • Jeugverslaggewer vir die Omgewing (YRE) – twee van ons Eko-klub lede was Nasionale Kategorie wenners en hul ding mee aan ’n Internasionale kompetisie.
  • 52 Eko-lesse is gedurende die jaar aangebied.
  • 11 Herdenkingsdae is gevier – bv. Wêreld omgewingsdag.
  • Biodiversiteit en Klimaatsverandering is behandel
  • 500 Spekbome word van saailinge af gekweek
  • 200 Clivia plantjies word van saad af gekweek en geplant in die Zwarrie tuin.
  • 5 georganiseerde skoonmaak aksies word onderneem bv. Hennopsrivier opruiming.
  • Zwarries neem deel aan 6 eksterne en 4 interne omgewingskompetisies
  • 4 Gassprekers word genooi en relevante temas soos Elektroniese afval en inderingerplant spesies word behandel
  • 3 Uitstappies is onderneem, bv. Staproetes
  • Die Jaartema – Water – “Maak elke druppe tel”  is deurentyd gevolg.

Die Zwarries  streef na die toekenning: Groen Vlag Status  – wat deur die “WESSA Internasionale Eco-Schools” -program aangebied word – daar is  byna 700 skole(Wêreldwyd) wat geregistreer is en aan hierdie skool- projek deelneem.

Die Zwarries se omgewingsreis, word gemeet teenoor die sewe  stappe van “Eco-Schools”, die eko-skooltemas, die VN( Verenigde Nasies) Volhoubare doelwitte en  uiteindelik die Zwarries se Eko-kode.

1. Eko-skool sewe stappe

2. United Nations Sustainable Development Goals

3. Die “Eco-School” -skooltemas

(Die Zwarries het reeds drie van hierdie tema’s voltooi, daar word elke jaar een tema gekies en voltooi.)

4. Zwarrie Eko–kode:

Ons is die Volgende Generasie

Om die volgende generasie te wees wat volhoubaar leef, beteken dit, dat ons die stokkie as bewaarders van die omgewing moet oorneem van die wat voor ons was, totdat die wat na ons kom, gereed is om die pad te lei.

Ons erken dat, alhoewel ons gewillig is, ons dalk nog nie gereed is vir hierdie verantwoordelikheid nie. Daarom streef ons as Zwarries daarna om soveel moontlik te leer oor die versorging van die omgewing en om dit te geniet, met die Eko-klub as ’n sleutel bestandeel om ons vir hierdie rol voor te berei.

Zwarrie Eco-Club 2023

Temas & Aksieplan vir 2024

Sluit aan by die Eko-klub:

Gratis aansluiting en deelname
(behalwe wanneer ons op uitstappies gaan)
Ingeskryfde leerling  by die Zwarries (Graad 8 – 12 )

Alle inligting kan gekry word op ons Whatsapp groep en elkeen wat lid word, kry toegang  tot ons Google Classroom waar al die foto’s en inligting weekliks deur gegee word.

Wanner vergader ons:

Elke Woensdagmiddag direk na skool tot ongeveer 15:00  in K27.

Uitstappies, skoonmaak-askies ens  word beplan  volgens die gemeenskap, gebeurtenisse op die omgewingskalender en skool aktiwiteite – dit vind gewoonlik op Naweke plaas, datums en tye sal vroegtydig aan leerlinge deurgegee word.

Verdere inligting by:

Ms. LOUISA STROEBEL

Organiseerder van die Eko-klub stroebel.l@zwarries.co.za

WESSA Schools Awards Ceremony 2023 was aangebied deur St. Andrews School for Girls in Bedfordview, Gauteng.

Mev Louisa Stroebel  en  Ms. Maryke Kuhn ontvang die  Silver Award namens Hoërskool Zwartkop.

‘n Klas Ekspreiment, waar die 7 boublokke van die omgewing: (Mens, diere, plante, grond, water , lug en die son verduidelik word – die beginsels van Ekologie) word verduidelik.
Graad 10 leerlinge bied ‘n lesing en drama stuk  aan oor vlermuise, hulle belangrikheid en die rol in die ekosisteem .
Die Zwarries doen gereeld skoonmaak aksies in die skool en ons onmiddelike omgewing.
Leerlinge ontkiem Clivia saad wat ons ontvang as donasies by ouers en vriende vanuit hul eie tuine.
200 Clivias is aangeplant deur die leerlinge.
Tydens  ‘n kreatiewe les, het die leerlinge geleer van “Bubble paint” wat gemaak is van skottelgoedseep, water en voedselkleursel.
Sodra die verf droog was het die leerlinge paddas geverf om Paddadag te herdenk.
‘n Gasspreker van WESSA YRE mnr. Daniel Jackson bied ‘n werkswinkel vir die leerlinge  aan  ter voorbereiding van die Nasionale Kompetisie.
Zwarries help die gemeenskap  “Hennops River Revival “groep  tydens ‘n “ clean-up day”.
Zwarries neem aan die  Aqualibrium waterkompetisie deel.
Zwarries gaan op ‘n uitstappie en help die “Birdlife Northen Gauteng” groep om voëls te vang vir navorsing doeleindes (voëls word geidentifiseer, gemeet, geweeg, gering en weer vrygelaat). 
Leerlinge neem deel aan die Lente skoonmaak – tussen  Ou Johannesburg weg en ons bure . Dit is ongelooflik wat mense in die veld weggoei.
Leerlinge leer van inheemse plante, die Zwarries kweek self plante, ons doelwit  om ’n water wyse tuin  te vestig. Agapante en Clivias is ons fokuspunt.
‘n Kunskompetisie – leerlinge se tema is ons jaartema nl. Water leerlinge is beoordeel op kreatiwiteit en die omgewings boodskap wat hulle plakkaat uitbeeld.
Gasspreker mev. Gill Petzer ‘n lid van die Pretoria Conchology Klub het ‘n lesing aangebied en die leerlinge het geleer om skulpe te identifiseer.
Tydens Wêreld Olifantdag – het die leerlinge geluister na kenmerke van Olifante  en daarna  het hulle geleer om origami papier olifante te vou.

“To walk in nature is to witness a thousand miracles” – Mary Davis.

Zwarries stap ‘n 5km roete tussen die indringer Bloekombome by Big Red Bran.

Mr. Wayne Bower, van  “Industrial Vegetation Management”, bied ’n lesing aan oor indringer plant beheer, daarna skryf die leerlinge ‘n gedig oor water.

Zwarries hou ‘n interne Aqualibrium  kompetisie  ter voorbereiding om die beste Zwarrie groep te kies vir volgende jaar se Provinsiale kompetisie.

Dankie aan Memory Scheepers van SAICE wat dit vir ons kom aanbied het.

In 2022  het die  Eko-Klub  ons eie Voëlboek uitgegee – ‘n nuwe spesie op die Zwarrie bodem was die Piet-my-vrou.
Groot opwinding  en bewusmaking  het geheers onder leerlinge en personeel.

Matriek 2024 Onderskeidings

Leerdertal 2025

Zwartkop Personeel 2025