
Expo
Leerders kry jaarliks die geleentheid om aan die Zwarrie-EXPO deel te neem.
Daar is gewoonlik groot belangstelling in hierdie aktiwiteit.
As jy kan sing, skryf, teken of prentjies plak, verwerf jy dalk sertifikate, medaljes, kleure, erekleure of ‘n wisseltroefee.
Kom neem deel en palm nog ‘n goue medalje op nasionale vlak vir Zwartkop in.
Die doel van die Expo is om:
– ‘n belangstelling in die natuurwetenskappe te bevorder
– leerders aan te moedig om wyernavorsing te doen as wat die skoolleerplan vereis
– teorie en praktyd nader aan mekaar te bring; en
– leerders die geleentheid te bied om hulle belangstelling en aktiwiteit in die natuurwetenskappe met hulle ouers en die publiek te deel.
Kleure en erekleure kan volgends die skoolbeleid vir EXPO verwerf word. Die skool se Expoprogram begin met die Expoweek wat vroeg in Augustus aangebied word. Die week word gekenmerk deur ‘n toringbou/brugboukompetisie.
Die EXPO-uitstalling word op die Dinsdagaand gedurende die Expoweek gehou. Daarna neem die wenners deel aan Gauteng-Noord EXPO vir jong Wetenskaplikes. Hier het leerders al in die verlede verskeie goue, silwer en bronsmedaljes ingepalm en daar was ook al heelwat kategoriewenners. Hoërskool Zwartkop is dan ook op twee geleenthede as Algehele wenners aangewys.