
Fisiese Wetenskap
TOELATINGSVEREISTES
Vanaf graad 10 tot graad 12 is Fisiese Wetenskap ‘n keusevak. Fisiese Wetenskap is ‘n verpligte vak in die Tegno-akademiese studierigting.
DOELSTELLINGS VAN DIE VAK
Die leerders se vermoë om logies te redeneer, verbande in te sien en gevolgtrekkings te maak, word ontwikkel. Eksperimentele werk geniet ‘n hoë prioriteit en leerders word aangemoedig om self te doen en te ontdek.
SILLABUSINHOUD
Fisika en chemie.
VAKVERWANTE AKTIWITEITE
Wetenskapolimpiade, Brugboukompetisie, Ekspo vir jong wetenskaplikes asook ander opvoedkundige uitstappies.
BEROEPSMOONTLIKHEDE
Ingenieurswese, geneeskunde, tandheelkunde, veeartsenykunde, landbouweten-skappe, arbeids- en fisioterapie. Dit word ook sterk aanbeveel vir verskeie ander beroepe.