
Zwarrie-Gholf
Gholf is ‘n veelsydige aktiwiteit by Hoërskool Zwartkop en bied geleentheid vir ervare spelers, en selfs beginners, om by die sport betrokke te raak.
Hoërskool Zwartkop het sy eie gholf-akademie waar professionele afrigting 2 keer ‘n week op ‘n Maandag- en ‘n Woensdagoggend aangebied word.
Die skool spog met verskeie spelers wat aan die Gauteng-Noord toernooi sowel as die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem. Verskeie oud-gholfers is tans in Amerika besig om vir professionele gholfkwalifikasies te studeer.
Daar is jaarliks vyf gholfspanne wat aan die liga wat tydens die derde kwartaal plaasvind, deelneem. Hierdie liga-spanne speel teen al die Pretoria skole en bied goeie blootstelling vir spelers om op verskillende bane te verbeter.
Die Zwarrie-gholfers begin jaarliks die gholfseisoen met die Voorsitterstrofee toernooi waar die 1ste span deelneem in ‘n uitkloprondte teen ander skole in Pretoria. Hierdie toernooi word gevolg deur die NWU Prestige Reeks wat in een dag plaasvind en uit 18 putjies bestaan. 12 Skole speel vir dié dag teen mekaar. Die Zwarries het al by vele geleenthede die trofee omhoog gehou.
Die Zwarrie-gholfspelers toer ook jaarliks in Oktober en dit is altyd ‘n heerlike tyd om te reflekteer op die jaar se gebeure en om die spel te geniet.
Dogters is ook welkom om deel te neem aan die sport en daar is geleentheid waar hul kan deelneem aan die dogtersliga wat deur die Gauteng-Noord Gholf Unie aangebied word.
Raak betrokke en slaan ‘n kolhou! Vir meer inligting, e-pos gerus vir me. M. Kühn (organiseerder) by kuhn.m@zwarries.co.za
