Zwarrie-Landloop

Wanneer dit by landloop kom, glo ons hier by Hoërskool Zwartkop in die ABC-benadering – ANY BODY CAN.  Atlete met geen voorafgaande landloopagtergrond nie, kan ontwikkel tot Zwarrie-landlopers en selfs atlete wat op nasionale vlak skitterend presteer. Die landloopatlete van Hoërskool Zwartkop is ’n gemotiveerde en gedissiplineerde groep atlete wat ’n strawwe oefenprogram volg. Mnr. Willie Engelbrecht, ʼn top A.S.A. Vlak 3 Nasionale afrigter, is die landloop en middelafstandafrigter by Hoërskool Zwartkop.

Daar vind elke jaar ‘n oefenkamp gedurende die Julie skoolvakansie plaas. Die doel van die oefenkamp is enersyds om goeie spangees onder die atlete te bou, maar andersyds om elke atleet voor te berei vir die hoogseisoen van die landloop wat na die Julie-vakansie volg. Daar word ook die heeljaar lank geoefen om die atlete reg te kry vir toekomstige wedlope. Hoërskool Zwartkop word gereken as een van die top landloopskole in Gauteng.

Oefentye is soos volg: Maandae tot Donderdae na skool, en Saterdae.  Vir meer inligting rondom die landloop, e-pos mnr. W. Engelbrecht by atletiek@zwarries.co.za

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024