Liefdadigheid

Gee jy baie om vir ander mense?  As jy dit nie oor jou hart kan kry om mense in nood aan hulle eie lot oor te laat nie, is jy die regte persoon vir ons liefdadigheidskomitee.  Ons omskep omgee in dade – verf kinderhuise se mure, kuier by siek mense in die hospitaal,  sing vir bejaardes tydens Kerstyd en maak ‘n verskil waar ons kan.

As jy iets vir jou medemens wil doen sonder enige vergoeding, sluit dan by ons aan – ons harte hier in Zwarrieland is GROOT.

Daar word ook jaarliks ‘n liefdadigheidsprojek geloots.  Die doel hiervan is om verskillende behoeftige instansies of selfs individue te help.  Ons leerders leer ook hierdeur om die vreugde van gee te ervaar.  Ons raak betrokke en bring komberse, blikkieskos, klere en enigiets bruikbaar skool toe om uitgedeel te word waar dit die nodigste is.

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024