Mnr. & Mej. Zwarrie

Die belangrikste soort skoonheid

MENSE voel aangetrokke tot diegene wat vir hulle aantreklik is. Maar wat maak jou werklik aantreklik? Wat is skoonheid in die ware sin?

Is dit die mooiste meisie met die meeste vriendinne of die gespierde ou op die skoolterrein? Skoonheid aan vandag se maatstawwe is tragies plasties. Jy word voorgesê wie jy moet wees, en wat jy móét dra en hoe jy móét lyk, deur iets kleins soos ‘n tydskrif of Instagram. Filters is die in-ding. As jy ‘n sproetjie jou neus ontsier of jou hare hang vaal, kan alles binne ‘n klik reg ge-edit word.

In hierdie oppervlakkige wêreld moet ons dieper as die oppervlak kyk. Ons moet besef dat dit moeilik—selfs onmoontlik—is om die perfekte, wêreldse voorkoms te skep, en dat hierdie wêreldse beeld baie min waarde het. Maar dit is moontlik om aantreklike eienskappe aan te kweek wat tot ware innerlike skoonheid bydra. Maar wat is skoonheid, ware skoonheid regtig? Eerste indrukke is blywend maar verhoudings groei dieper deur persoonlikheid, ‘n omgee-hart en ‘n siel van meelewendheid.

Dit is die soeke na hierdie skoonheid (innerlike en plastieslose skoonheid) wat Mnr en Mej Zwarrie so uniek maak. Ons leef om te gee.   Ons passie is om die wat dit die nodigste het, aan te trek na dit wat tog nog mooi is in ‘n wêreld. Iets wat nie rêrig met ‘n selfie-skoot reggedokter kan word nie. Ons finaliste gaan deur ‘n proses van selfontdekking en groei. Elke finalis oefen aan ingewikkelde danspassies en korrekte lyftaal maar dit is wat na die groot aand gebeur wat regtig ons Mnr en Mej Zwarrie finaliste baanbrekers maak. As die ligte verdof het na die kroningsaand is dit hul taak om na buite uit te reik en die mooi te deel. Liefdadigheid is ons grootste hartsaak. Om te gee is om te ontvang, en hier word daar gevorm aan ewigheidswaarde.

Wat maak jou aantreklik? Wat is skoonheid?

Skoonheid is ‘n hart van omgee.

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024