
Skoolkoerant - Zwart-op-wit
Zwarries is trots op hul eie skoolkoerant te hê. Die skoolkoerant is in die vorm van ‘n tydskrif wat allerlei interessante berigte, foto’s en rubrieke oor die doen en late van Hoërskool Zwartkop leerders en onderwysers bevat.
Die tydskrif word twee keer ‘n jaar uitgegee naamlik in Julie en Desember.
Daar is ongeveer 50 redaksielede van graad 8 tot en met graad 12.
Leerders is altyd baie opgewonde om deel te wees van hierdie indrukwekkende paneel.