skoolreëls
Afwesigheid
- Leerders mag slegs weens siekte of om ‘n ander goeie rede van skool afwesig wees.
- ‘n Leerling wat afwesig was, moet op die eerste dag wat hy / sy weer die skool besoek, ‘n mediese sertifikaat / skrywe van sy/haar ouers bring waarin die rede van afwesigheid aangedui word. Die mediese sertifikaat / skrywe moet in die registerperiode aan die betrokke voogonderwyser gegee word.
Terrein verlaat tydens skoolure
- Niemand mag sonder verlof die terrein verlaat nie, pouse ingesluit.
- ‘n Leerling wat gedurende skooltyd die skoolterrein wil verlaat, moet gedurende voogperiode ‘n brief van sy ouers waarin die rede verstrek word, na die graadvoog neem wat dan die uittekenprosedure sal hanteer.
- Hierna gaan die leerling na die sekretaresse in die algemene kantoor wat dit in ‘n register aanteken.
Besering en siekte gedurende skoolure
- Indien ‘n leerling gedurende skoolure beseer raak, of siek word, moet dit onmiddellik aan die graadvoog gerapporteer word
- Die graadvoog / kantoorpersoneel sal die leerder se ouers skakel indien nodig.
Skoolterrein en algemeen
- Gedurende pouse word die leerders nie in klaskamers óf in die saal toegelaat sonder verlof van ‘n onderwyser nie.
- Niemand mag gedurende skooltyd by die fietsloods, motorfietse en motors kom nie.
- Elke leerder is medeverantwoordelik om die klaskamers, kleedkamers, stoepe en terrein netjies en skoon te hou
- Die geboue, meubels en apparaat/toerusting moet opgepas en met die nodige respek behandel word.
- Geen vorm van vandalisme word toegelaat nie.
- Elke leerling is self vir sy eiendom verantwoordelik en kan die skool geen verantwoordelikheid neem vir skade of verliese nie.
- Indien ‘n leerder een of ander artikel vind wat aan iemand anders behoort, moet dit by die kantoor ingegee word.
- Indien ‘n leerder iets verloor het, kan hy daarvoor navraag doen by die kantoor.
Skooldrag
- Die voorskrifte ten opsigte van kleredrag en haarstyl moet stiptelik nagekom word. Dit behoort ‘n saak van trots en eer vir elke leerder te wees.
Laatkom
- Leerders moet soggens betyds by die skool wees vir die opening – dit wil sê ten minste vyf minute voordat die klok lui.
- Leerders wat laat kom, moet by die administratiewe kantoor aanmeld voor hulle klas toe gaan.
- Dit is die leerder se eie verantwoordelikheid om werk in te haal. Waar toetse gemis is, moet die leerder self reëlings tref met die vakonderwyser.
Aantree en verwisseling van klasse
- As die klok lui aan die begin van die skooldag, moet leerlinge reeds in die vierkant aangetree wees of by sy voogklas op toetsdae.
- Voor skool en aan die begin van pouse moet leerlinge hulle tasse plaas waar hulle aantree vir die volgende klasse of by hulself hou gedurende pouse.
- Dit is die leerder se eie verantwoordelikheid om werk in te haal. Waar toetse gemis is, moet die leerder self reëlings tref met die vakonderwyser.
Binne die klaskamer
- Leerders moet onder alle omstandighede beleef wees teenoor mekaar en hul meerderes.
- Binne die klaskamers moet elke leerder sy uiterste bes doen om orde te handhaaf
- Leerders mag geen elektroniese speletjies, ensovoorts, saambring skool toe nie.
- Al hierdie reëls beoog die goeie orde en ‘n gees van wellewendheid in ons skool!
- Mag dit ‘n saak van eer vir elke leerder wees om sy deel daartoe by te dra.
- Innerlike dissipline moet die hoofdoel van elkeen wees.
- Leerlinge moet alle papiertjies, ensovoort wat om hulle banke gemors is, optel en in die snippermandjie gooi wanneer hulle die klas verlaat.
- Daar mag onder geen omstandighede op die meubels geskryf of gekrap word nie.
- Geen leerling mag tydens lesure buite ‘n klaskamer wees sonder skriftelike verlof van die onderwyser nie.
Tasse
- Slegs voorgeskrewe gewone skool-, seil- of leertasse met stewige afskortings word toegelaat.
Rapporte
- Daar word vier keer per jaar ‘n rapport – harde kopie en elektronies – aan die ouers gestuur oor die vordering van die kind.
Fietse en motorfietse
- Leerders mag net op toegewysde plekke op die skoolterrein ry.
- Vanaf die ingange na die skool tot by die motorfiets- en fietsloods moet leerders stadig en verantwoordelik ry.
- Ook in die namiddae en saans met funksies geld hierdie reël en ook dan moet fietse in die fietsloods geplaas en motorfietse slegs by die voorgeskrewe parkeerplek geparkeer word.
- Geen leerder mag sonder skriftelike toestemming ‘n motorvoertuig op die terrein parkeer nie, behalwe as daar met die hoof se sekretaresse gereël is. Toestemming kan slegs verleen word indien die leerder ʼn geldige bestuurslisensie kan toon.
Opening van die skool
- Die skool begin dwarsdeur die jaar om 07:30.
- Leerders tree op Maandae en Vrydae in die vierkant aan. Op Woensdae is daar graadopeninge vir die onderskei graadgroepe.
- Op Dinsdae en Donderdae gaan leerders direk na hul voogklasse.
Sluiting
- Die skool sluit van Maandag tot Donderdag om 14:00 en op Vrydae om 13:45.
- Daar word in die middae met gebed afgesluit oor die interkom.
Afkondigings
- Afkondigings word in die vierkant gedoen en wanneer nodig, oor die interkom.
Selfone
- Die skool moedig nie die gebruik van selfone vir persoonlike gebruik by die skool aan nie, alhoewel ons besef dit is ‘n nuttige hulpmiddel vir veiligheid en om reëlings met ouers te tref. Daarom geld die volgende reëlings:
- Geen selfoon mag gedurende klastyd persoonlike redes gebruik word nie. Geen oproepe mag ontvang word nie. Selfone mag dus net voor skool, pouse en na skool aan wees.
- Selfone mag slegs in klasse aangeskakel wees, waar ʼn personeellid leerlinge die gebruik van die selfoon as deel van die lesaanbieding of akademiese program benodig, soos bv. met internet soektogte.
- Leerders mag nie hul ouers skakel om hulle by die skool te kom haal nie –dit sal deur die graadvoogde en administratiewe kantoor hanteer word.
- Selfone is verbode in eksamenlokale.
- Indien bostaande reëls oortree word, sal die selfoon afgeneem en na die toegewysde administratiewe beampte toe geneem word vir optrede. ʼn ‘Selfoonboete’ van R100 is betaalbaar aan die einde van die dag om die selfoon op te eis
- Na die derde oortreding moet die selfoon deur ʼn ouer afgehaal word. Onafgehaalde selfone word in die kluis bewaar
- Indien ‘n leerder ‘n selfoon skool toe bring, word dit op eie risiko gedoen. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid indien dit wegraak, gesteel of beskadig word nie.
Buitemuurse bedrywighede
- Die geheel ontwikkeling van die kind – akademie, sport en kultuur – is vir ons belangrik.
- Leerlinge moet in oorleg met hulle ouers besluit aan watter bedrywighede hulle wil deelneem.
- Daar word algemeen verwag dat elke leerder aan een somer- en aan een wintersport sal deelneem.
- Daar word verwag dat leerders aan ten minste een kulturele bedrywigheid sal deelneem.
- Kleure en erekleure word jaarliks toegeken aan die verdienstelikste deelnemers en prestasie.
- Slegs leerders van Hoërskool Zwartkop mag aan aktiwiteite deelneem en jeugaande op die terrein bywoon.
Oueraande
- Elke jaar word ouers die geleentheid gebied om gedurende twee aande na die skool te kom om nader kennis te maak met die hoof en die personeel. Sake rakende hulle kinders kan by hierdie geleentheid openhartig bespreek word. Datums vir oueraande sal betyds met ouers gekommunikeer word.
Huiswerk
- Hier kry die leerder die geleentheid om te leer om selfstandig te werk.
- Dit is nie beperk tot skriftelike werk nie. Studie- en leerwerk is net so belangrik.
- ‘n Pligsgetroue leerder sal nooit kan beweer dat hy geen huiswerk het nie. Werk wat in die klas gedoen is, moet by die huis oorgegaan word om seker te maak dat die leerder dit verstaan en ken.
- Werk wat in die klas gedoen is, moet by die huis oorgegaan word om seker te maak dat die leerling dit verstaan en ken.
- Leerlinge word aangeraai om wyer te lees as hul handboeke.
- Die mediasentrum (Zwikimedia) is Maandae tot Donderdae in die middae oop en beskikbaar vir leerders om huiswerk of navorsing te doen.
Voogstelsel
- Ouers en personeel is vennote in opvoeding en daarom is die nouste samewerking tussen ouerhuis en skool van die allergrootste belang. By die skool tree die onderwyser op as voog en bou voort op die fondament wat in die huis gelê word.
- In die eerste plek hou die klasvoog ‘n wakende oog oor die leerlinge van sy klas.
- In die tweede plek is daar ‘n graadvoog wat aangestel is oor ‘n graad. Hy/sy hou die vordering en gedrag van al die klasse en individuele leerlinge van ‘n graad dop.
- Waar moontlik behou die voogonderwyser dikwels dieselfde groep leerlinge dwarsdeur hul hoërskoolloopbaan sodat hy/sy hulle goed kan leer ken.
- Elke graadgroep het sy eie liedjies, kreet, wapen en kleure.
Busse
- Reëls vir busvervoer word jaarliks met die kinders bespreek en moet streng nagekom word.
- Verontagsaming van die reëls en enige wangedrag sal veroorsaak dat die leerling nie meer van busvervoer mag gebruik maak nie.
- Busprefekte word aangestel om die busbestuurders te ondersteun en orde op die bus te help handhaaf.
Handboeke
- Die skool verskaf nie handboeke aan leerders nie.
- Handboeke en ander skryfbenodighede word deur die leerders aanlyn of in persoon by die boekwinkel op die skoolterrein bestel.
Algemeen
- Ernstige oortredings soos diefstal, vandalisme, intimidasie of viktimisasie van leerders word in so ‘n ernstige lig gesien dat oortreders se lidmaatskap tot die skool beëindig kan word sal word.
- Die skool is volgens wet ʼn rookvrye sone en geen leerder mag hoegenaamd op die skoolterrein of selfs na ure in skooldrag rook nie. Sien beleid
Hoërskool Zwartkop se rookbeleid met inbegrip van Vaping
- Die skoolterrein is ‘n rookvrye sone en ingevolge die Nasionale Veiligheidsregulasies word die rook van enige produk op die skoolterrein en/of tydens enige skoolaktiwiteit verbied.
Die rook en gebruik van sigarette, “vapes” of e-sigarette is soortgelyk aan die verspreiding, beskikbaarstelling en handeldryf met dwelms en tabakprodukte.
“Vapes” se vloeistowwe (ook bekend as “e-liquids”) bevat onder andere propileenglikol of gliserien, sowel as etlike geursels en nikotien. Propileenglikol veroorsaak ‘n sensasie in die keel van die persoon wat “vape” – soortgelyk aan die rook van ‘n tabakproduk. ‘n Hoër hoeveelheid gliserien plantekstrak veroorsaak meer dampnikotien, wat ‘n verslawende middel is. Blootstelling aan nikotien tydens adolessensie, vertraag breinontwikkeling en soms bevat die vloeistowwe onbekende gevaarlike of onwettige middele en selfs dwelmmiddels.
Die Beheerliggaam en Skool verklaar dit as verbode middele en voorwerpe en sal oortreders aangekla word van die oortreding van die skool se rookbeleid.
Alle belanghebbendes se aandag moet daarop gevestig word dat die rook van tabakprodukte en “vapes” verbied word by die skool en enige skoolaktiwiteite. “Vapes” en e-sigarette is verbode soos enige ander tabakproduk. Dit sluit in dat leerders dit ook nie in hulle besit mag hê nie of dit in skooluniform of enige plek waar hy/sy as ‘n leerder van die skool geïdentifiseer kan word, mag gebruik nie. Indien ‘n leerder hiermee gevang word, kan dit lei tot dissiplinêre optrede. Enige “vapes” en verwante produkte wat in ‘n leerder se besit gevind word, sal gekonfiskeer en vernietig word, ongeag die prys wat daarvoor betaal is
Skoolgeld
- Die skoolgeld, betaalbaar deur ouers, word jaarliks op ‘n ouervergadering bepaal. Daar is besluit dat die bedrag betaalbaar oor elf maande versprei word. Geen skoolgeld word dus in Desember betaal nie.
Beursskema
- Daar is ‘n beursskema in werking waarvolgens presteerders op akademies-, leierskap-, kultuur- en sportterrein beurse kan ontvang. Hierdie beurse is beskikbaar vir sowel ingeskrewe leerders as nuwe gr 8-leerders op grond van prestasies in graad 7. Inligting is by die skool beskikbaar.
Sluitkassies
- ‘n Aantal sluitkassies is beskikbaar en kan deur die leerders gehuur word.
- Leerders mag slegs voor skool, tydens pouse of na skool items in die sluitkassies plaas of daaruit haal.
- Leerders stoor waardevolle items op eie risiko in die sluitkassies. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir diefstal uit sluitkassies nie.
Toekennings
- Die skool het ʼn reglement waarvolgens toekennings gemaak word.
- Toekennings word jaarliks gemaak en nie noodwendig aan die einde van die jaar nie. Dit kan gemaak word direk na afhandeling van ‘n aktiwiteit.
- Om in aanmerking te kom, moet aan die minimum vereistes vir ʼn aktiwiteit voldoen word en moet leerders se gedrag en gesindheid binne en buite die skool onberispelik wees. Slegs die hoogste toekenning per aktiwiteit word gemaak.
- Ander verdienstelike gevalle word vir oorweging voorgelê aan ‘n komitee bestaande uit die hoof, adjunkhoofde, departementshoofde en organiseerder van die bepaalde aktiwiteit.
- ‘n Aantal interne merietebeurse word jaarliks toegeken aan ingeskrewe leerders van die skool as beloning vir besondere prestasies op Akademiese-, Sport- en Kultuurgebied.
- Verdere besonderhede is by die skool beskikbaar.
Kleure en erekleure
- ‘n Leerder kan Kleure en Erekleure verwerf.
- KLEURE: Die gewone skoolwapen word gedra. Die leerder ontvang ‘n “Balkie” wat aandui waarvoor kleure ontvang is.
- EREKLEURE: ‘n Spesiale skoolwapen met Lourierkrans. Die leerder ontvang ‘n “Balkie” wat aandui waarvoor kleure ontvang is.
- Kleure en erekleure kan ook vir nie-skool aktiwiteite toegeken word.
- Die reglement vir die toekenning van kleure en ere-kleure is op aanvraag beskikbaar.
Jaarbeplanning
- Die jaar- en dagbeplanning is elektronies op die skool se webwerf vir ouers en leerlinge beskikbaar.
Skoolgrense en toelating tot Hoërskool Zwartkop
- Aansoeke vir toelating tot Graad 8 word deur ouers op die departementele e e-platform gedoen.
- Toelating vir Graad 9-12 word by die skool self gedoen.
- Enige leerder kan dus, onderhewig aan die toelatingsvereistes, aansoek doen om tot die skool toegelaat te word. Hoërskool Zwartkop is die enigste hoërskool in Centurion wat benewens die ander studierigtings, ook ‘n volledige Tegno-akademiese studierigting aanbied.