Skoolwapen Simboliek
Die kruis is die sinnebeeld van ons onwrikbare geloof in die Woord van God. Volmaaktheid in hierdie geloof is die Christen se hoogste strewe op aarde.
Die ankerkruis, soos in die wapen vervat, was ook die sinnebeeldinge teken van die Hugenote met hul deugde van geloof, offervaardigheid, deursettingsvermoë, beginselvastheid en verdraagsaamheid.
Die simboliek strek verder; die vier kruispunte verdeel elk in twee en op die eindpunte verskyn agt kleiner sfere wat die agt saligsprekinge (Matt 5 vers 3 –
strewe.
Met dienende geloof as anker kan die hoogste hoogtes bereik word. Die strewe na die hoogtes word versinnebeeld deur die geboë lyne wat opwaarts na mekaar toe beweeg.
Die wapen self en die leuse vorm dus ‘n hegte eenheid:
GLO EN DIEN.