Zwarrie-Swem

Hoërskool Zwartkop se swemmers is besonders kompeterend in die Pretoria-liga, met die inagneming dat die Zwarries nie ‘n swembad het nie.

In die eerste kwartaal word daar vriendskaplike gala’s geswem. Hierdie gala’s dien as uitdunne waartydens die Interhoërspan gekies word. Die Zwarries swem tans in die A-bond en swemmers mag net twee individuele items, asook twee aflosse, by die Interhoër swem.  

Baie van die Zwarrie-swemmers neem aan swemklubs in Centurion deel. Omdat Hoërskool Zwartkop nog nie ‘n swembad het nie, oefen die res van die swemspan by Amberfield College tydens die 1ste en 4de kwartale.  In die vierde kwartaal is daar drie vriendskaplike gala’s wat plaasvind.

Swem kan ‘n alleensport wees wat baie selfdissipline verg, maar met baie oefening verwag Hoërskool Zwartkop nog groot dinge vir die swemspan in die toekoms.

Vir meer inligting rondom Zwarrie-swem, stuur ‘n e-pos aan Mnr. Kevin Jackson by swem@zwarries.co.za

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024