Alpha Wiskunde
Alpha Wiskunde word as ʼn addisionele vak vanaf graad 10 – 12 na ure by die skool aangebied.
· Dit stel leerlinge in staat om “buite die boks” te dink!
· Leerders vergoed self die onderwyser wat die vak aanbied.
· Klasse van 1,5 uur word weekliks aangebied.
· Kontinue evaluering in die vorm van toetse en eksamens word deur die loop die jaar gedoen. Met uitsondering van die graad 12 eindeksamen is onderwysers hiervoor verantwoordelik.
Leerders met ʼn besondere belangstelling in Wiskunde, of wat verdere studie beplan in Ingenieurswese, Statistiek, Analise, Toegepaste Wiskunde, Inligtingstegnologie of Aktuariële- en handelsrigtings, behoort Alpha Wiskunde ernstig te oorweeg. Dit is ʼn ideale oorbrugging tussen Skool- en Universiteits Wiskunde, want dit berei leerlinge voor met die basiese kennis om die eerste paar maande op universiteit te oorleef (veral Calculus!)
Die vak word nie meer deur die Departement van Onderwys erken nie, maar val onder IEB reëls.
Aan die einde van graad 12 word ‘n gemeenskaplike vraestel geskryf. Die bestuur van Alpha Wiskunde neem verantwoordelikheid vir die opstel en moderering van hierdie vraestel. Antwoordstelle word deur ‘n span, aangestel deur die bestuur, nagesien. Sertifikate word uitgereik ooreenkomstig uitslae en kan deel vorm van kandidate se CV. Alpha Wiskunde kan dus nie deel uitmaak van ʼn leerder se gemiddeld nie, maar sy/haar onderskeiding in die vak word wel deur die skool erken.
VAK INHOUD
Onderwerpe sluit o.a. in: Calculus | Funksies | Trigonometrie | Algebra | Komplekse getalle | Integrasie Parsiële Breuke | Radiaalmaat | Absolute waardes |Matrikse