
Zwarrie-Atletiek
Hoërskool Zwartkop bied talle geleenthede aan die gemiddelde- en topatleet en beskik oor ’n goeie atletiekbaan met kunsaanlope vir verspring, hoogspring en spiesgooi. Hoërskool Zwartkop beskik ook oor puik afrigters in elke item waarvan drie self Springbokke was. Die skool bied aan die begin van elke jaar ’n graad 8-byeenkoms aan waar elke leerder die geleentheid kry om aan alle items deel te neem. Die skool se atletiekspan geniet hoë aansien en baie uitnodigings na topbyeenkomste word ontvang. Hoërskool Zwartkop is tans die enigste skool in Centurion wat aan die NWU Prestige Byeenkoms (Super 16) deelneem en neem ook aan die Pretoria A-bond Interhoër deel.
In 2022 eindig die Zwarries 2de in die A-afdeling tydens Pretoria Skole Interhoër.
Die Zwarrie-atlete neem elke jaar aan die volgende byeenkomste deel: A-bond Interhoër, sewe vriendskaplike byeenkomste, NWU Presige Byeenkoms (Super 16), Pretoria TUT Top 12, Elardus Erasmus Top 20, NWU Top 30 en Prestige College Top 10.
Leerders kompeteer tydens die Interhuis-atletiekbyeenkoms in drie huise teen mekaar. Die kompetisie is fel en entoesiasme borrel by die atlete oor. Gedurende die Desember vakansie vind ’n atletiekoefenkamp plaas. Nuwe graad 8’s word ook uitgenooi om die jaar só slaggereed te begin.
Oefentye is soos volg: Maandae tot Donderdae na skool en soms ook Saterdae soos deur die afrigters gereël.
Vir meer inligting in verband met die Zwarrie-atletiek, stuur ‘n e-pos aan mnr. Willie Engelbrecht (organiseerder) by atletiek@zwarries.co.za
