Zwarrie-Boogskiet

Boogskiet is ‘n wonderlike buitemuurse aktiwiteit vir Zwarrie-leerders en hul ouers. Dit akkommodeer albei geslagte en sluit selfs kinders met leerprobleme en fisieke ongeskiktheid in. Dit het basiese en gevestigde veiligheidsreëls en die toerusting is gestandardiseerd en maklik om te gebruik.  Zwarrie-ouers word aangespoor om saam deel te neem.  Dit is ‘n sport wat ook tuis (onder ouertoesig) beoefen kan word en waarin enige leerder kan streef om op provinsiale-, nasionale- en internasionale vlakke te presteer.

Boogskuts word opgelei met ‘n Entry Level Compound boog wat verskaf word.  Geen toerusting hoef aangekoop te word om te begin nie.

Soos wat leerders vorder of graag verder wil presteer, kry hulle die geleentheid om met ‘n Recurve of Compound boog te skiet.  As leerders wil oorskuif na hierdie boë moet dit self aangekoop word. Leerders en ouers word bygestaan in die koop-proses.  Leerlinge, of skuts, kan vir Hoërskool Zwartkop in ‘n skoolspan, óf as individu deelneem.  Hoërskool Zwartkop gee meriete-erkenning vir oefeninge bygewoon en prestasies behaal.

Verskillende lesse en kompetisies word op ‘n gereelde basis gehou en bygewoon. Skuts kan vorder tot op Noord-Gauteng en Protea-vlak.  ‘n Maandelikse fooi is betaalbaar vir die onderhoud van die boë, pyle en teikens.  Alle lesse word deur opgeleide/gekeurde SANAA instrukteurs hanteer.

Zwarries neem aan die SANAA (South African National Archery Association) en SANIFAA (South Africa National Indoor and Field Archery Association) liga deel en het in 2025 drie Outdoor- en vyf Indoor Nasionale medaljes gewen en vier leerders verwerf Noord-Gauteng Kleure.

Zwarrie-boogskiet is ‘n bediening vir Christus waar elke kind ‘n geleentheid gebied word om dié talent te ontwikkel.

Zwarrie boogskuts kan by een van twee klubs in Centurion aansluit:

Centurion Boogskiet Klub – emsie@centurionboogskiet.club

Odyssey Archery – hanekom.l@zwarries.co.za

Vir meer inligting in verband met Zwarrie-boogskiet, e-pos gerus vir me. Lindry Hanekom (organiseerdeer) by hanekom.l@zwarries.co.za.

Matriek 2025 Onderskeidings

Leerdertal 2026

Zwartkop Personeel 2026