Zwarrie-Dogterskrieket

Hoërskool Zwartkop bied dogterskrieket vir meisies van alle ouderdomme aan.

Oefeninge begin gedurende die tweede kwartaal en proewe vind voor die Wintervakansie plaas. Ligawedstryde vind vroeg in die vierde kwartaal plaas.

Die dogters kry geleentheid om die skool teen ander skole wat aan die Titans-liga deelneem, te verteenwoordig. Hoërskool Zwartkop is die 2024 en 2025 liga wenners en SA20 Fase 1 wenners.

Die skool spog met ‘n paar Suid-Afrikaanse krieketspeelsters wat al deur die jare opgelewer is. Mignon du Preez en Eliz-Mari Marx is van die bekende speelsters wat oud-Zwarries is.

Vir meer inligting rondom die Zwarrie-dogterskrieket, kontak gerus vir Mnr. Burger Nel (organiseerder) by krieket@zwarries.co.za

Matriek 2025 Onderskeidings

Leerdertal 2026

Zwartkop Personeel 2026