
Drama / Toneel
By Hoërskool Zwartkop kan Drama as vak tot in gr. 12 geneem word, terwyl dit ook as buitemuurse aktiwiteit aangebied word deur ‘n professionele afrigter. Slaag die oudisie en betree die uitdaging van toneel! Dra jou hart op jou mou of draai iemand ‘n rat voor die oë – toneel maak dit alles moontlik.
Minstens een toneel word jaarliks by Zwarries opgevoer deur ‘n dinamiese groep leerders. Onder leiding van bekwame personeel neem ons deel aan verskeie kompetisies soos die landswye ATKV-toneelkompetisie, waar ons onder andere reeds drie jaar agtereenvolgend tot die semi-finale deurgedring het. Vanjaar het ons na Bloemfontein gereis en gekwalifiseer om aan die Volksblad Kunstefees deel te hê!
Leerders word aangemoedig om ook deel te neem aan drama/toneel buite skoolverband, waarvoor volle erkenning op meriete-aande gegee word.