Ekonomiese en bestuurswetenskap

HOEKOM HIERDIE VAK KIES?

In ons land is daar tans min werksgeleenthede. Dit maak dit noodsaaklik vir leerders om hulle entrepreneursvaardighede te verbeter. Besigheidstudie is ‘n verlenging van entrepreneurskap. In Gr 8 en 9 neem leerders EBW (Ekonomiese en bestuurswetenskappe) wat vanuit entrepreneurskapsoogpunt aangebied word.EBW word in twee vakdissiplines verdeel nl.Besigheidstudie en Rekeningkunde. In graad 10 tot 12 is Besigheidstudie en Rekeningkunde ‘n keusevak.

Besigheidstudie is ‘n wetenskap wat hom besig hou met die bestudering van die vraag hoe die private onderneming die beste gelei of bestuur kan word sodat die onderneming so doelmatig moontlik kan funksioneer en sy doelwitte so goed moontlik kan bereik.

VERKORTE SILLABUSINHOUD VAN EBW:

– Die ekonomiese siklus.

– Volhoubare groei en ontwikkeling.

– Bestuurs-. Verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede.

– Entrepreneurskennis en -vaardighede.

– Kontanttransaksies van ‘n diens- en handelsonderneming

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024