Zwarrie-esportz
Hoërskool Zwartkop bied e-Sport as ‘n sport aan waartydens leerders (Blitz Warriors) kompeterend videospeletjies teen ander skole speel.
Leerders speel aanlyn van die huis af en benodig hulle eie toerusting wat die videospeletjie kan akkomodeer en vinnige en stabiele internet-bandwydte.
Zwarrie-eSportz neem aan die Telkom VS Gaming Highschool eSports League (HSEL) deel. Daar is ligas vir Rocket League, Counter-Strike: Global Offensive, League of Legends en Valorant. Die leerders speel een ligawedstryd per week.
Ons neem ook aan verskeie Telkom VS Gaming-kompetisies deel wat op Saterdae of Sondae gespeel word. Van die titels wat gespeel word is: Valorant, Rocket League SideSwipe en Apex Legends.
Die videospeletjies wat gespeel word, hang van die belangstelling van die leerders sowel as die die beskikbaarheid van kompetisies af.
In 2021 het Hoërskool Zwartkop ‘n 3de plek in die HSEL interne League of Legends liga behaal en ‘n 4de plek in die HSEL Rocket League liga. Die Zwarries was die enigste skool met twee spanne in die Top 8 in beide ligas.
Lees gerus die “eSportz for Noobs” gids vir verdere inligting.
Alternatiewelik kan me. Julienza de Villiers by esport@zwarries.co.za gekontak word om meer inligting te bekom.