Zwarrie-Fietsry

Die Zwarrie-bergfietsspan is besig om  teen ‘n spoedige pas te groei en ontwikkel. Die Zwarries spog met ‘n span van byna 40 ryers wat strek van graad 8 tot graad 12. Die seuns en dogters maak die skool trots en trap hulle harte op die bane uit.

Elke jaar neem die Zwarrie-ryers  aan die Gauteng-Noord Skole liga deel waar hulle Hoërskool Zwartkop met trots verteenwoordig. Dit behels 4 wedrenne wat  in April/Mei begin en strek tot September/Oktober. Daar is ook provinsiale- en nasionale ligas wat op verskeie terreine plaasvind.

Die afrigter, mr. Marnus Putter,  oefen 2 tot 3 keer ‘n week met die ryers waar hulle volgens fiksheidvlak en vermoë, in groepe gedeel word. Oefeninge vind in die middae na skool plaas en leerders ontmoet by Hek 3 (boonste parkeerarea) waarna hulle saam na die oefenroetes ry. Mr. Putter fokus op fiksheid, tegniek sowel as padveiligheid. ‘n Oefenskedule word vir elke kwartaal opgestel en aan die leerders gestuur.

Zwarries wat belangstel om deel te word van die span, kan gerus vir me. Casandra Lincoln (organiseerder) ‘n e-pos stuur na lincoln.c@zwarries.co.za.

Kom word deel van die fietsry familie! Jy benodig slegs ‘n Zwarrie-hart, ‘n valhelm en ‘n fiets. Gaan besoek gerus die Facebook en Instagram blaaie. (Zwarrie MTB)

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024