FILM & SOSIALE MEDIAKUNDE (FSM)

FILM & SOSIALE MEDIAKUNDE Waar die kuns van filmmaak die krag van sosiale media ontmoet.FSM word beide as n verrykingsvak en as n additionele vak aangebied by Hoërskool Zwartkop. Leerders kan een opsie kies (óf tydens skoolure óf buite skoolure)

Klik op ‘n prentjie om die lokprente te kyk

HOEKOM FILM & SOSIALE MEDIAKUNDE? Wat as jy kon leer hoe om jou idees in inhoud te verander wat mense wíl kyk en deel – en sosiale media gebruik om jou toekoms te bou?

Film & Sosiale Mediakunde is nie net nóg ’n vak nie – dis ’n lewensvaardigheid vir elke leerder wat in vandag se wêreld wil uitblink. As jy weet hoe om inhoud te skep, sal jy nooit sonder werk wees nie. Hierdie vak leer jou vaardighede wat in enige beroep gebruik kan word – want in vandag se samelewing het elke besigheid inhoud nodig.

In Filmkunde leer jy alles wat jy nodig het om ‘n film van begin tot einde te skep.

  • Kinematografie: Kameraplasing, komposisie en beweging.
  • Beligting: Die kuns van atmosfeer, 3-punt beligting en visuele stemming.
  • Redigering: Professionele werksvloei in CapCut (en Davinci Resolve)
  • SFX-Grimering: Die skep van spesiale effekte en grimering vir die kamera.
  • Stelontwerp: Die kuns om oortuigende en visueel treffende wêrelde te bou.
  • Draaiboekskryf: Die kuns van storievertelling in Fade In.
  • Regie: Hoe om akteurs en ‘n span op stel te lei.
  • Skermtoneelspel: Die tegnieke van natuurlike spel voor die kamera.

JOU JAARLIKSE MEESTERSTUK: Aan die einde van die jaar vervaardig ons saam ‘n volledige kortfilm wat as jou finale punt vir Kwartaal 4 dien. Ons hou ook ‘n eksklusiewe première-aand waar ons julle werk op die grootskerm vertoon. Of jou talent nou vóór of ágter die kamera lê – by FSM is daar ‘n plek vir jou.

SOSIALE MEDIAKUNDE

Aanlyn Veiligheid & Digitale Voetspoor: Beskerm jou privaatheid en bou ‘n aanlyn profiel wat deure oopmaak vir toekomstige universiteite of werkgewers.

Kortformaat-inhoud: Bemeester die kuns van Reels, TikToks en YouTube Shorts om

aandag vinnig en effektief te gryp.

WAT SE TOERUSTING? Net jou foon! Ons gebruik gratis programme soos Fade In, Manual Camera en CapCut vir alles van draaiboekskryf tot redigering. Geen duur toerusting is nodig nie.

KOSTES R530 per maand vir 11 maande (Feb tot Desember)

GRAAD 10 TOT GRAAD 12 Vanaf Graad 10 word Film & Sosiale Mediakunde as ’n buitemuurse aangebied.

Mnr. Shaun & Juf. Ariena Oosthuysen

Cherry On Top Productions word bestuur deur mnr. Shaun en juf. Ariena. Met jare se professionele industrie-ervaring agter die lens, bring hulle die wêreld van filmmaak direk na die klaskamer.Hulle passie is om kreatiewe talent te slyp en leerders die vaardighede te gee om met selfvertroue hul eie merk in die digitale wêreld te maak. By Cherry On Top leer jy nie net ’n vak nie; jy leer by mense wat dit elke dag leef. www.cherryontop.productions

BEROEPSMOONTLIKHEDE

Hierdie vak dien as uitstekende voorbereiding vir enige leerder wat aspirasies het om ’n entrepreneur te word of ’n eie besigheid te vestig. In die moderne era benodig elke onderneming kundiges wat hul aanlyn teenwoordigheid kan optimeer, wat beteken dat hierdie vaardighede in byna elke industrie gesog is. 

Kontak

Shaun Oosthuysen 066-475-9544

Epos: info@cherryontop.productions

Matriek 2025 Onderskeidings

Leerdertal 2026

Zwartkop Personeel 2026