Jnr. Stadsraad

Die Junior Stadsraad van Tshwane (JCC) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die jeug en gemeenskap van Tshwane dien. Die lede van die JCC brstaan uit verteenwoordigers van 32 skole oor die hele Tshwane. Die ampstermyn is vir twee jaar, wat een gr. 10 en een gr.11-leerder insluit. C.J Oberholzer  (tans hooseun van Hoërskool Zwartkop) lê nou sy ampstermyn van 2 jaar af en Morne Kruger, gr.10 is nuut verkies tot Junior Stadsraadlid. Lourens Nel, gr.11 dien nou vir die tweede jaar op die JCC en is verkies as Junior Burgermeester van Pretoria! Hierdie is ‘n prestasie wat nie sommer enigeen te beurt val  nie, daarom is dit vir Zwarries ‘n ongelooflike voorreg. By Hoërskool Zwartkop is leierskapontwikkeling ‘n groot erns en fokus ons daarop dat elke leerder tot sy volle leierskap-potensiaal ontwikkel. Zwarries word geleenthede aangebied wat hulle slyp om ook die leiers van die toekoms te wees.

Leerders wat op die JCC dien, kan getuig van ongelooflike vaardighede wat hulle aanleer om hulle voor te berei vir ‘n doelgerigte lewe, waar hulle geleer word om te prioritiseer en om te dien, sonder om iets terug te verwag.

Die JCC se huidige jaartema is: Unity through diversity en dit is voorwaar waarvoor elke Zwarrie staan!

Hoërskool Zwartkop is baie trots op die leerders wat op hierdie wyse in die gemeenskap betrokke is en so diensbaar in die Tshwane gemeenskap kan wees.

Zwarries GLO en DIEN!

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024