
ZWARRIE-Sportkondisioneringsentrum
Sportkondisionering by Hoërskool Zwartkop is gemik op spesifieke en bereikbare mikpunte om elke atleet se prestasie te verbeter. Die kondisioneringsentrum is nie net ‘n gimnasium nie, maar ‘n omvattende sentrum waar sportseuns en -dogters gespesialiseerde programme en hulpmiddele ontvang om hul ‘n voorsprong bo ander te gee.
Die kondisioneringsprogram dek ‘n wye reeks aspekte insluitend:
-
Spoedontwikkeling
-
Kragbou en gewigsoefeninge
-
Stamina en algemene fiksheid
-
Soepelheid en buigsaamheid
-
Koördinasie en vaardigheidsontwikkeling
Leerders word nie net geleer hoe om reg met gewigte te oefen nie, maar ook gemotiveer om aktief deel te neem aan sport en oefenprogramme. Gereelde toetsing word gedoen om te verseker dat atlete fisies aan die vereistes van hul gekose sportsoorte voldoen.
Die program is aangepas volgens die sportseisoen om atlete op hul beste perstasievlak te hou:
-
Voorseisoen kondisionering: Fokus op spoed, krag en soepelheid om ‘n sterk basis vir die komende seisoen te bou.
-
In-seisoen kondisionering: Handhawing van spoed, krag, soepelheid, stamina en fiksheid terwyl beserings voorkom word.
-
Buiteseisoen kondisionering: Fokus op maksimum krag, spierbou en rehabilitasie.
Mnr. Werner Jordaan, me. Marcelle de Jager en mnr. Nico Henery is gekwalifiseerde sportwetenskaplikes wat verandwoordelik is vir al die gespesialiseerde programme.
Daarbenewens is ook ‘n gekwalifiseerde biokinetikus (me. Andrika de Jager) wat spesialiseer in die rehabilitasie van sportbeserings. Sy speel ‘n sleutelrol in die voorkoming, behandeling en bestuur van sportverwante beserings. Deur individuele rehabilitasieprogramme saam te stel, help die biokinetikus atlete om vinnig en veilig te herstel en weer hul volle prestasiepotensiaal te bereik. Die biokinetikus werk nou saam met die sportwetenskaplikes om ‘n omvattende benadering tot fisiese welstand te verseker en bied ook voorkomende oefenprogramme aan om beserings te minimaliseer.
Vir meer inligting rondom die kondisioneringsentrum, e-pos gerus sport@zwarries.co.za