Zwarrie-Kondisioneringsentrum

Sportkondisionering by die Hoërskool Zwartkop is gemik op spesifieke en bereikbare mikpunte.  In kondisionering word daar gefokus op sekere aspekte soos spoed, kragwerk, stamina, soepelheid, koördinasie en ook die ontwikkeling van vaardighede. Die kondisioneringsentrum is nie net ‘n gimnasium nie, maar ‘n sentrum waar sportseuns en -dogters gespesialiseerde programme en hulpmiddele kan ontvang wat hul ‘n voorsprong bo ander sal gee. 

Kondisionering sluit die leer van die regte oefentegnieke met gewigte in en ook die motivering van deelname in sport en oefening.  Daarmee saam word leerders getoets om seker te maak dat hul fisies aan die vereistes van die gekose sportsoort voldoen.

Daar word aandag gegee aan die verskillende aspekte soos die seisoen verloop.  Die blokke bestaan uit voorseisoen kondisionering, in- en buite seisoen kondisionering.

Tydens voorseisoen kondisionering word daar gefokus op spoed, krag en soepelheid.

Inseisoen word daar gefokus op spoed, instandhouding van krag en soepelheid sowel as stamina en fiksheid.  Tydens buiteseisoen kondisionering word daar gefokus op maksimum krag en spierbou.

Mnr. Werner Jordaan en me. Shona van der Merwe is die kundige sportwetenskaplikes wat die kondisioneringsentrum bestuur.  Vir meer inligting rondom die kondisioneringsentrum, e-pos gerus sport@zwarries.co.za

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024