
Zwarrie-Krieket
Op Zwarrie-bodem is krieket ‘n prioriteit en is die doelwit om die skool as een van die top krieketskole in Pretoria te vestig.
Hoërskool Zwartkop beskik oor ‘n gedugte span krieketafrigters en die spanne neem aan die B-afdeling van die Titans-liga deel. Daar is ‘n voorseisoen-voorbereidingsgroep wat in die tweede kwartaal oefen en vir die res van die jaar word daar elke oggend oefensessies in die binneshuise sentrum aangebied.
Die Zwarrie-krieketspelers het die geleentheid om ‘n moderne binneshuise krieketsentrum te gebruik. Een krieketveld wat beskik oor turfkolfblaaie en vier oefennette wat voldoen aan die hedendaagse standaarde.
Verder word krieket in graad 8 en 9 as ‘n deel van Sportkunde aangebied met ‘n praktiese- en teoretiese komponent wat voorkeur geniet.
In die eerste kwartaal neem twee spanne aan die Finsbury en aan die TH Sport-reeks deel. Tydens die derde kwartaal speel 7 seunspanne, sowel as 1 dogterspan onder die vaandel van die Titans Cricket Union.
In Januarie sowel as Junie, woon die Zwarrie-krieketspelers klinieke en toernooie by. En in die September/Oktober vakansie is die Zwarrie Krieket Bash.
Hoërskool Zwartkop spog ook met besonderse kriekettalent in die vorm van Pierre de Bruyn wat 91 eersteklas wedstryde gespeel het. Hy is ook die afrigter van die Titans vroue span en het Namibie se internasionale span afgerig.
Vir enige inligting aangaande die krieket of hoe om betrokke te raak, e-pos gerus vir mnr. B. Nel by krieket@zwarries.co.za