Kultuurweek

Ons eie Zwarrie Kunstefees!  Ons uitvoerende en beeldende kunstenaars neem deel, leiers ontwikkel deur te help met organisasie, tegniese ‘wizards’doen klank en beligting, vaardige leerders ontwerp, bou en verf dekor, en veel meer! Fondse word ingesamel deur kaartjie verkope – ‘n ware Zwarrie ervaring.  

Die kultuurweek is die tyd wanneer elke graadgroep die geleentheid kry om te wys waartoe hulle op kuns- en kultuurvlak in staat is.

Enige leerder kan inskryf in ‘n verskeidenheid kategorieë waarin elkeen sy unieke hartklop kan uitleef .  

‘n Nuwe afdeling is Hoërskool Zwartkop Multi-media, waar verstommende tegnologiese prestasies met o.a. foto’s en DVD advertensies gelewer gaan word.

Die kultuurweek is ‘n trotse instelling in Zwarrieland wat elke jaar van krag tot krag gaan.  Daar word met hart en siel meegeding vir die gesogte Graadgroep-Kultuurtrofee, midde groot spangees, feeste en opwinding.

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024