Zwarrie-Muurbal

Sedert 2010 neem Zwartkop aan die Pretoria Hoërskoleliga deel.  In 2014 was daar 6 spanne wat deel was van die liga.  Daar is reeds verskeie spelers wat provinsiale kleure verwerf het oor die afgelope aantal jare. 

In 2014 het 7 spelers Gauteng Noord by die S.A. Kampioenskappe verteenwoordig.

Zwartkop skryf spanne in die o.14, o.16 en o.19 ouderdomsgroepe in.  Sedert 2013 het Zwarries ook ‘n dogterspan wat aan die liga deelneem.  In 2014 wen die dogters die B-liga en promoveer  dan om in 2015 in die A-liga deel te neem.

Die skool het ‘n baie goeie samewerkingsooreenkoms met Centurion Junior Muurbal en ‘n groot deel van die Zwarrie-spelers skakel aktief daarby in. 

By Centurion Junior Squash kry juniors vanaf voorskool tot en met graad 12 op ‘n weeklikse basis afrigting en ondersteuning om hulle te begelei  vanaf beginner  tot  provinsiale  muurbalspeler.

Gaan lees gerus meer oor hierdie dinamiese groep by www.cjsquash.co.za

Alle inligting, afrigtingstye en-kostes is op die webblad aangebring.  Vir meer inligting oor Zwarrie-muurbal, e-pos vir mnr. D. Pretorius by pretorius.d@zwarries.co.za.



S.A. muurbalkampioen in Zwarries se midde.

Hoërskool Zwartkop is trots op die Zwarrie-muurbalspelers wat puik prestasies tydens vanjaar (2022) se Suid-Afrikaanse muurbalkampioenskappe behaal het.

J. C. Brandt in graad 8 is die Suid-Afrikaanse seuns o.15 muurbalkampioen en Chanté Leppan, in graad 9, het ‘n 7de plek in die dogters o.15 kompetisie behaal.

Matriek 2024 Onderskeidings

Leerdertal 2025

Zwartkop Personeel 2025