Zwarrie-Netbal
“At the end of every day your hair should be messy, your shoes worn and your eyes sparkling.”
By Hoërskool Zwartkop is netbal lekker! Daar word hard gewerk, hard geoefen, hard gespeel en dit alles met ‘n sprankel in die oog omdat dit pret is.
Respek vir mekaar en ons opponente, vasgestelde doelwitte en uitsonderlike afrigters lei tot groot sukses. Om netbal in Zwarrieland te speel, is nie net om talente uit te leef nie, maar ook om te groei in alle ander aspekte van om ‘n jong dame te wees. Dit is belangrik om fisies, emosioneel en geestelik voorbereid te wees, nie net op die netbalbaan nie, maar ook in die omgewing daar buite.
Hoërskool Zwartkop spog met oud-Zwarrie netbalspelers soos Karla Pretorius en Simoné Rabie wat beide vir die Suid-Afrikaanse Spar Protea-span speel. Met Me. Irené Vorster, aan die stuur van ‘n groep uiters bekwame en gemotiveerde afrigters, word die standaard van Zwartkop se netbal elke jaar gelig.
Daar word van ‘n wye verskeidenheid apparate gebruik gemaak om mee te oefen en die spelers kan selfs ‘n goed toegeruste kondisioneringsentrum ten volle benut.
Die Zwarrie-netbalspanne neem elke jaar aan die NWU Prestige Reeks asook die Jubilee A Grootskole liga deel. Verskeie spanne toer jaarliks na toernooie en klinieke om die spelers aan meer baantyd bloot te stel en te verseker dat daar genoeg geleenthede is om te leer en te verbeter.
Elke jaar se puik resultate getuig van harde werk en deursettingsvermoë van die afrigters en spelers. Die Zwarrie-netbalfamilie is gefokus op die fisiese-, geestelike- en emosionele welstand van die spelers en kan met hierdie holistiese benadering daarna uitsien om doelwitte te bereik.
Kom neem deel aan Zwartkop se netbal en maak vriende en herrinneringe wat lewenslank sal bly. Vir meer inligting, e-pos me. I. Vorster by netbal@zwarries.co.za