
Zwarrie-Noodhulpdiens
Zwarries het die geleentheid om deel te wees van die skool se noodhulpspan.
Daar word elke jaar aan die begin van die eerste kwartaal ‘n noodhulpkursus by die skool aangebied. Instrukteurs van ‘n professionele noodhulpmaatskappy lei die noodhelpers op om noodsituasies, sportbeserings en algemene beserings doeltreffend en professioneel te hanteer.
Leerders kan die vlak 1 en 2 kursus gelyktydig doen, en indien hulle die vlak 2 kursus geslaag het, kan hulle die volgende jaar die vlak 3 kursus doen.
Leerders kan vrywillig by die skool se noodhulpspan aansluit en vir die skool diens doen.
Noodhelpers werk onder die wakende oog van paramedici wat by Hoërskool Zwartkop diens doen. Noodhelpers wat gereeld diens vir die skool doen, kry erkenning vir hul harde werk.
Vir meer inligting rondom die Zwarrie-noodhulpdiens, stuur ‘n e-pos aan vanwyk.e@zwarries.co.za