Orkes en Ensembles

Zwarries is bekend vir hul sterk kultuurlewe. Dwarsdeur die jaar is daar konserte en geleenthede soos die Paaskonsert, Musiekkonsert, Kultuurweek, Kerskonsert, asook elke derde jaar ‘n produksie. Tydens hierdie geleenthede word daar van ensemblegroepe gebruik gemaak om die soliste te begelei. Die groepe tree ook individueel op. Ons probeer om soveel as moontlik akoestiese begeleiding te gebruik. Leerders word deur middel van keuring deel van hierdie groepe. Enige groepering van instrumente word verwelkom bv. viool, altviool, baskitaar, akoestiese kitaar, elektriese kitaar en dromme.

 Daar is ook ‘n Marimba ensemble, Die Zwarimbas, wat by vele skoolgeleenthede en kunstefeeste optree. Hulle is bekend vir hul energieke spel en laat geen luisteraar sonder ‘n warm gevoel in die hart nie! Daar is aan die begin van die jaar oudisies en voornemende lede moet bladmusiek kan lees.

Kom word deel van hierdie dinamiese groepe jong musikante!

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024