
Zwarrie-Perdry
Zwarrie-perdry, ‘n sportsoort wat met GROOT passie by Hoërskool Zwartkop gedryf word.
Die Zwarrie-ruiters neem jaarliks aan interskole SANESA kompetisies deel.
Zwarries kan aan verskillende dissiplines deelneem van hul keuse.
Zwarrie-perdry spog met vele ruiters wat opgeneem word in die Gauteng span wat deurdring na SA’s. Ons ruiters lewer oor die jare top prestasies!
Zwarrie-perdry geniet erkenning by die meriete-aande waar leerders die nodige erkenning ontvang vir hul puik prestasies.
Oefentye:
Word by ryskole bevestig.
Kleredrag:
Verskillende uitrusting afhangend van verskillende dissiplines.
Goedgekeurde kleredrag is ‘n Zwarrie- hemp.
Indien ‘n ruiters belangstel in ‘n Zwarrie-numnah kan hulle gerus vir me. T de Beer kontak.
Vir meer inligting rondom Zwarrie-perdry, stuur gerus ‘n epos aan me. Talitha de Beer by debeer.t@zwarries.co.za.