
Redenaars en Debat

Hoërskool Zwartkop spog met uitnemende sprekers. As jy ʼn kans wil hê om ʼn gehoor uit jou hande te laat eet, en ‘n gehoor om jou pinkie wil draai, word ʼn Zwarrie-redenaar!
Sprekers kry die geleentheid om jaarliks teen die bestes in die land mee te ding. Verskeie kompetisies op inter-skolevlak gee hulle kans om veelvuldige talente te ontwikkel.
Zwarries spog met Nasionale en Provinsiale wenners!
As die senuwees jou ʼn bietjie treiter, is daar ook geleentheid om in ʼn span deel te neem. Dit bou jou selfbeeld en interpersoonlike verhoudings EN DIT IS GROOT PRET!
WIE NIE WAAG NIE, GAAN NIE WEN NIE!
Die gedeelte ‘bat’ in die woord debat kom van die Latynse werkwoord “battuere”, wat beteken “om te klop”.
Met debat kan jy die ander skole klop met jou formele redeneringsvermoë by verskeie kompetisies onder andere ATKV, Con Spirito en Dink of Sink.