Zwarrie-Rugby

Hoërskool Zwartkop skryf jaarliks ongeveer 13 spanne vir die SDC Noordvaal Groep 1 Plaatafdeling in.  Hoërskool Zwartkop is vanaf 2003 deel van die NWU Prestige Reeks wat dien as voorbereiding vir die liga. Die Zwarries neem ook aan die Noorvaal 7’s reeks deel. 

Zwartkop beskik oor 3 standaard rugbyvelde waarvan die A-veld se hoofpaviljoen een van die mooiste uitsigte in Pretoria huisves.  Fasiliteite soos skrummasjiene, spreiligte op die A-veld en spesiaal ontwerpte elektroniese telbord, verseker dat die Zwarrie-rugbyspelers die voordeel van die sport geniet.

Hoërskool Zwartkop beskik ook oor ‘n kondisioneringsentrum onder leiding van gekwalifiseerde kondisioneringsafrigters asook ‘n unieke 1ste span kamer.

Oor die jare het die Zwarries besondere prestasies behaal.  

  • In 2022 vorder die o.14 A-span tot in die semi-finaal van die Virseker Plaatafdeling en in 2023 stap hulle as kampioene van die SDC Noordvaal Plaat weg. 

  • In 2023 het Hoërskool Zwartkop 8 provinsiale spelers opgelewer. In 2024 lewer Zwartkop 15 provinsiale spelers op.  Die o.15’s word as Noordvaal wenners by die 7’s gekroon.

  • In 2024 word die o.16’s weer as die Noordvaal Plaatafdeling kampioene aangewys.  Beide die o.17 sowel as die o.15 7’s spanne dring deur na die Noordvaal kampioenskappe waar die o.17’s met ‘n brons medalje wegstap.

Rugby by Hoërskool Zwartkop bied ‘n uitstekende geleentheid vir enige seun wat in die sport wil uitblink.

Vir meer besonderhede rondom Zwarrie-rugby, e-pos gerus vir mnr. D. Gouws (organiseerder) by gouws.d@zwarries.co.za of rugby@zwarries.co.za

Matriek 2025 Onderskeidings

Leerdertal 2026

Zwartkop Personeel 2026