Zwarrie-Sagtebal
Hoërskool Zwartkop bied Sagtebal as ‘n dogterssport in die derde kwartaal aan. Daar word agt spanne vir die liga ingeskryf en die spanne word ingedeel volgens die ouderdomsgroepe o.14, o.15, o.16 en o.19. Elke ouderdomsgroep het ‘n A- en B-span.
By die Zwarrie-sagtebal word daarna gestreef om ook in hierdie sportsoort te presteer deur van uiters bekwame afrigters gebruik te maak en jaarliks ‘n kursus vir voornemende sagtabalspelers aan te bied.
Zwarries kan met trots sê dat daar elke jaar minstens een provinsiale speler uit ons skool aangewys word. Vir meer inligting rondom Zwarrie-sagtebal, e-pos me. M. Kemp by kemp.m@zwarries.co.za.