Zwarrie-Seunshokkie
Seunshokkie by Hoërskool Zwartkop is ‘n gevestigde sport met ‘n ryk geskiedenis.
Die Zwarrie-seunshokkie se o.14 A, o.16 A en 1ste spanne neem jaarliks aan die NWU Prestige Reeks deel. Verder neem die Zwarries ook aan die Northerns Blues Hokkieliga deel. Die A-spanne is in die 1ste liga, die B-spanne in die 3de liga en die C-spanne in die 6de liga. Al drie die A-spanne speel in die Northerns Cup wat uit die top skole in Pretoria bestaan. Al die A-spanne neem ook jaarliks aan die Noordvaal-kompetisie deel.
Die voorseisoen begin reeds vroeg in Februarie waarna die NWU Prestige Reeks in Maart tot Mei plaasvind. Die Northerns Liga vind vanaf Maar tot Mei plaas. Die Noordvaal-liga is vanaf Maart tot Mei en die finale vind in Augustus plaas. Die einde van die jaar se voorseisoenvoorbereiding begin in Augustus en eindig in Oktober. Kondisionering vind regdeur die jaar plaas.
Hoërskool Zwartkop spog met ‘n pragtige, splinternuwe, potblou astro met 2 mini-opwarmingsvelde. Die astro is toegerus met ‘n top tegniese area en ook ligte vir nagspel.
Mnr. Marthinus Gouws (organiseerder) het ‘n SAHA vlak 2 afrigtingskwalifikasie sowel as ‘n FIH vlak 1 skeidsregterskwalifikasie. Saam met hom is 14 ervare en passievolle afrigters wat seker maak dat die spelers hul maksimale potensiaal bereik. Al die afrigters beskik oor ‘n SAHA vlak 0, vlak 1 of vlak 2 afrigtingskwalifikasie.
Zwarrie-hokkie maak seker om jaarliks ‘n reëlbespreking te fasiliteer wat deur SAHA aangebied word. Baie van die Zwarrie-spelers is self gekwalifiseerde skeidsregters. Daar word jaarliks 7-aan-‘n-kant sowel as 5-aan-‘n-kant toernooie aangebied. Die Zwarrie-seunshokkiespanne woon elke jaar ‘n toernooi, fees of kliniek by. Hokkie kan ook in graad 8 en 9 as verreikingsvak gekies word.
Verskeie van die Zwarrie-seunshokkie spelers neem aan die Northerns proewe, klubhokkie, binnesmuurse hokkie, aksie-hokkke, THL (Tshwane Hockey League) en JHL (Joburg Hockey League) deel.
Vir meer inligting oor die Zwarrie-seunshokkie, e-pos gerus vir mnr. Marthinus Gouws (organiseerder) by seunshokkie@zwarries.co.za of skakel 012 654 8041 x 230.