SIVIELE TEGNOLOGIE
Definisie
Siviele Tegnologie fokus op konsepte en beginsels in die Beboude Omgewing, sowel as op die tegnologiese proses. Dit sluit praktiese vaardighede en die toepassing van wetenskaplike beginsels in. Hierdie vak skep en verbeter die Beboude Omgewing op ‘n wyse wat die lewensgehalte van die individu en die gemeenskap verbeter en verseker die volgehoue gebruik van die natuurlike omgewing.
Doel
Siviele Tegnologie sal leerders blootstel aan kennis, vaardighede, waardes en houdings van belang vir konstruksieprosesse, lewens- en omgewingsvolhoubaarheid. Dit neem kennis van die Kritieke en Ontwikkelings uitkomstes en vind aansluiting daarby deur leerders die volgende te leer:
Om die maatskaplike bydrae van Siviele Tegnologie ten opsigte van die verbetering van lewenskwaliteit, die bevordering van ‘n kultuur van menseregte, ekonomiese groei, entrepreneurskap, volhoubaarheid, en as ‘n instrument vir verandering en vir die verskaffing van oplossings wat op individuele en gemeenskapsbehoeftes reageer, te verstaan;
Om ‘n begrip van die etiese oorwegings, waardes en houdings wat met Siviele Tegnologie verband hou, te demonstreer;
Om tegnologie doeltreffend te gebruik en om op kritiese wyse ‘n verantwoordelikheid teenoor die omgewing en andere se gesondheid te toon, met spesifieke verwysing na volhoubaarheid, begrip vir die impak van Siviele Tegnologie op natuurlike hulpbronne, kulturele waardes en sosio-ekonomiese ontwikkeling en die bestuur daarvan.
Om probleme in die Beboude Omgewing te identifiseer en op te los en om met behulp van kritiese, ekonomiese en kreatiewe denke besluite te neem om die kreatiewe potensiaal van
Leerders te ontwikkel.
Leerders word vir verskillende beroepsrigtings en verdere onderwys- en opleidingsgeleenthede voorberei deur:
Entrepreneursvaardighede wat vir selfwerksaamheid nodig is, te ontwikkel;
Onderwys- en loopbaangeleenthede te verken om ‘n lewenslange leerder te word;
Omvang
Siviele Ingenieurswese en die verwante professies soos argitektuur, bourekenaar en omvangopnemer, gesamentlik bekend as die Beboude Omgewing, is die basis waarop die beskawing gevestig is. Dit is deur hierdie professies wat noodsaaklike dienste, soos paaie, brûe, gesuiwerde water, spoelriolering, treinsporing, toringgeboue, fabrieke en behuising in die algemeen, in sy baie aspekte, voorsien word. Die vak Siviele Tegnologie is daarop gerig om ‘n bewustheid vir hierdie aspekte by leerders en die gemeenskap te skep.
Siviele Tegnologie val in die Ingenieurswese- en Tegnologie-leerveld. Hierdie vak is gestruktureer en georganiseer om voorsiening te maak vir leerders met ‘n verskeidenheid vermoëns en talente, insluitende leerders met spesiale onderwysbehoeftes (LSOB/LSEN). Siviele Tegnologie bied leerders geleentheid vir die volgende:
Om simulasie- en werklike lewe-projekte prakties uit te voer met behulp van ‘n verskeidenheid prosesse en vaardighede;
Om praktiese probleme in ‘n Siviele Tebnologiese konteks met behulp van die tegnologies proses (identifiseer, ondersoek, ontwerp, skep, evalueer en kommunikeer) op beide kognitiewe en kreatiewe maniere op te los;
Om te leer deur direk aandag te gee aan menseregte-sosiale en omgewingsaangeleenthede inklusief, en in hul teoretiese en praktiese konteks;
Om vakverwante kennis op ‘n doelgerigte wyse te gebruik en aan te wend;
Om ‘n verskeidenheid lewensvaardighede te gebruik wanneer daar in ‘n outentieke konteks aan projekte gewerk word;
Om ‘n positiewe houding en persepsie ten opsigte van Sivielie Tebnologie-gebaseerde beroepe te ontwikkel;
Om die onderlinge verhouding tussen wetenskaplike beginsels en tegnologie te ervaar;
Om wetenskaplike metodes te gebruik waar die klem op die volgende aktiwiteite geplaas word:
Identifikasie van probleme en probleemoplossings;
Waarneming;
Eksperimentering (klem op vaardigheid in die hantering van apparaat);
Klassifikasie;
Kontroleer van veranderlikes;
Metings;
Interpretasie van data;
Afleiding;
Voorspelling; en
Kommunikasie.
Die volgende konsepte is in Siviele Tegnologie ingebed:
Veiligheid en noodhulp (insluitende MIV/VIGS-bewustheid)
Doeltreffende kommunikasietegnieke