Zwarrie-Skaak
Irving Chernev het gesê: “Elke skaakmeester was eens ‘n beginner”
Die bostaande aanhaling beskryf die gees van die Zwarrie-skaak die beste. Hoërskool Zwartkop se skaak organiseerders en -afrigters se doel is om elke skaakleerder maksimum geleenthede en blootstelling te gee sodat elke saakleerder hom óf haar spel kan ontwikkel tot die beste van hulle vermoë.
Zwarrie-skaak se proewe vind plaas elke jaar in Februarie, waarna leerders gekies word vir A,B of C spanne. Daar word ‘n Juniorspan (O/14 – O/16) en Seniorspan (O/17– O/19) gekies wat uit 5 spelers elk bestaan,die spanne neem dan deel aan die NWU Prestige Reeks.
Die tweede kwartaal begin die Tshwane D4 ligawedstryde . Die spanne speel volgens ouderdoms groepe van 6 spelers in elke span. Die C span leerders neem eers deel aan die D4 Liga in die 3rde kwartaal. Leerders neem ook individueel deel. Uitspeelwedstryde van D4 Liga vind gedurende die derde kwartaal plaas, waarna die Distrik-kampioene teen mekaar speel by die Gauteng skole skaak finaal.
Die Zwarries se junior- en seniorspanne eindig jaarliks onder die top drie skole wat deelneem aan die NWU Prestige Reeks en Tshwane Liga.
Vir meer inligting rondom die Zwarrie-skaak, e-pos gerus vir me. Esca Gouws by gouws.e@zwarries.co.za.