
SPORT ORIËNTERING
By Hoërskool Zwartkop word leerders in graad 8 en 9 toegelaat om een van die volgende sportvakke as keusevak te neem: Hokkie, Krieket, Tennis, Netbal en Rugby. Keuring is by elk van hierdie sporte ter sprake. Die kursusse en eksaminering is telkens prakties en teoreties. Addisionele fooie buiten die skoolgeld word ook telkens gehef.
HOKKIE
Sillabusinhoud: Hokkiegeskiedenis, fiksheidsvereistes en diëte, tegniese vaardighede, taktiese aspekte en posisionele spel, afrigterskwalifikasies, skeidsregting en hokkiereëls.
KRIEKET
Sillabusinhoud: Krieket etiket, tellinghou, veldplasings, kapteinskap, reëls en afrigtingstegnieke. Interne eksamens in samewerking met Titans Krieketunie word afgelê.
NETBAL
Sillabusinhoud: Netbalgeskiedenis, diëte, gimnasiumvaardighede, balvaardigdhede, voetvaardighede, doelvaardighede, posisionerende spelvaardighede, netbalreëls en afrigtingstegnieke. Interne eksamens in samewerking met die Gauteng-Noord Netbalunie word afgelê.
RUGBY
Sillabusinhoud: Rugbygeskiedenis, diëte, gimnasiumvaardighede, balvaardighede, voet en skopvaardighede, agterlynspel, voorspelerspel, rugbyreëls en afrigtingstegnieke. Interne eksamens in samewerking met die Bloubulrugbyunie word afgelê.
TENNIS
Benaderingswyse:
Die kursus bestaan uit 210 minute baanwerk per week (Maandag, Woensdag en Vrydag 07:00 tot 08:30).
Klaswerk van 60 minute per week.
Twee sessies fiksheid per week by Mnr. Neels Liebel,‘n biokenetikus. (Leerlinge moet dit in eie tyd inpas.
Daagwedstryde word weekliks gereël en is verpligtend.
Die teorie sluit onder ander tennisgeskiedenis, diëte, tennisreëls, afrigtingstegnieke en voetvaardighede in.
Die kursus word aangebied deur Marinus Potgieter, wat ‘n proffesionele tennisafrigter is. Vir verdere navrae kan hy gekontak word by 666 8781 of 083 633 3797.