Zwarrie-Tafeltennis

Tafeltennis is ‘n unieke sportsoort wat by Hoërskool Zwartkop aangebied word en dit skop reeds gedurende die eerste kwartaal af. Daar word van ‘n professionele afrigter gebruik gemaak om die spelers spesifieke vaardighede aan te leer.

Die tafeltennis-proewe word vroeg in Maart gehou waartydens drie spanne saamgestel word met nege spelers in elke span. Die spanne neem onderskeidelik aan die A- en B-liga deel. Wedstryde vind tydens die eerste en tweede kwartaal plaas en die Zwarrie-tafeltennisspelers presteer puik in die Gauteng-Noord Skoleliga.

Baie van die Zwarrie-spelers het reeds provinsiale kleure in hierdie sportsoort verwerf. Die spelers word outomaties by Gauteng-Noord tafeltennis geregistreer om aan verskeie toernooie deur die loop van die jaar deel te neem.

Vir meer inligting oor die Zwarrie-tafeltennis, kontak gerus vir me. T. Britton op britton.t@zwarries.co.za of mnr. B. Nieuwoudt op nieuwoudt.b@zwarries.co.za

Matriek 2025 Onderskeidings

Leerdertal 2026

Zwartkop Personeel 2026