
Zwarrie-Tennis
Hier by Hoërskool Zwartkop is tennis GROOT! Tydens die eerste kwartaal skop Graad 8 kampioenskappe af. Kort daarna begin die jaarlikse liga-wedstryde. Die liga-wedstryde vind tydens die eerste- en tweede kwartale plaas. In die derde kwartaal vind die Zwarrie-Kampioenskappe plaas en daarna word die ranglys gefinaliseer. Daagwedstryde vind vanaf Oktober tot twee weke voor die liga-wedstryde begin, plaas.
Daar is elke Woensdagmiddag tennisoefening. Hierdie oefeninge begin die eerste week in Februarie en duur tot die laaste week in Oktober. Vir meer inligting oor die Zwarrie-tennis, e-pos me. M. van Pletzen by vanpletzen.m@zwarries.co.za.



