
Zwarrie-Tennis
Hier by Hoërskool Zwartkop is tennis GROOT!
Tydens die eerste kwartaal skop die Junior kampioenskappe af. Kort daarna begin die jaarlikse liga-wedstryde. Die liga-wedstryde vind tydens die eerste-, tweede en derde kwartale plaas. In die derde kwartaal vind die Zwarrie-Kampioenskappe plaas en daarna word die ranglys gefinaliseer. Daagwedstryde vind vanaf Oktober tot twee weke voor die liga-wedstryde begin, plaas.
Die Zwarries neem aan die Wilson Cup en Shield tennis festival deel. In 2024 word die 1ste seunspan as wenners van die St. Benedict festival aangewys.
Daar is elke Woensdagmiddag tennisoefening. Hierdie oefeninge begin die eerste week in Februarie en duur tot en met die laaste week in Oktober.
Vir meer inligting oor die Zwarrie-tennis, e-pos mnr. M. Gouws by tennis@zwarries.co.za