
Zwarrie-Oewerhengel
By Zwartkop bied ons kompetisie Oewerhengel as sport aan. Ons neem deel aan die Noord-Gauteng Varswater Oewerhengel Liga wat uit 3 byeenkomste bestaan.
Zwartkop het in 2023 ‘n 2de plek in die liga behaal en deurgedring na die S.A. Champs of Champs kompetisie waar ons ‘n algehele 5de plek gekry het. In 2024 het die Zwarries se Jonge Dames die 1ste plek in die liga behaal en die seuns het 3de geeindig.
Oewerhengel is die ideale geleentheid om familietyd en kompetisie te kombineer én ‘n stokperdjie kompeterend te maak.
Vir meer inligting oor die Varswater oewerhengel by Hoërskool Zwartkop, kontak mnr. PJ Jonker by jonker.pj@zwarries.co.za