Zwarrie Ondersteunersklub

WIE IS ONS?

Die Zwarrie Ondersteuners Klub bied ‘n unieke atmosfeer en platform waar ouers, oudleerders, personeel en vriende van Hoërskool Zwartkop aktief betrokke kan raak by die skoolgemeenskap.  Hier kan klublede ontspan, gesellig verkeer, en as toeskouers sport-, kultuur- en ander skoolaktiwiteite geniet.

Ons klubhuis, bekend as die Zwarrie Zone, is ‘n gemaklike, skadu-bedekte area met ‘n uitsonderlike uitsig oor die A-rugbyveld. Lede geniet gratis tee en koffie tydens geleenthede – alles in ‘n vriendelike en ondersteunende omgewing.

 

WIE KOM IN AANMERKING VIR LIDMAATSKAP?

Lidmaatskap van die Zwarrie Ondersteunersklub is beskikbaar vir:

  • Ouers, voogde en familie van leerders van Hoërskool Zwartkop
  • Onderwysers en afrigters van Hoërskool Zwartkop
  • Oudleerders (Alumni) van Hoërskool Zwartkop

 

VOORDELE VAN LIDMAATSKAP

  • Gratis toegang tot tuis sportbyeenkomste
  • Korting op die huur van die Zwarrie Zone-fasiliteit
  • Gratis braaigeriewe tydens sportgeleenthede
  • Voorkeur-uitsig oor die A-rugbyveld en wegspringplek tydens atletiekseisoen

    Matriek 2025 Onderskeidings

    Leerdertal 2026

    Zwartkop Personeel 2026